Suid-Afrika se inskrywing vir die 2017 Oscars: ’n film wat jou lank sal bybly

Krediet vir foto: National Film and Video Foundation

Ek het baie hoë verwagtinge van hierdie fliek gehad. Jy weet, soms kan mense iets so ophemel dat dit op die ou end, wanneer mens dit kyk, lees of beleef, ’n totale teleurstelling is. Met Noem my Skollie was dit definitief nie die geval nie.

Oor die storie

Die fliek speel af op die Kaapse Vlaktes in Suid-Afrika in die 1960’s en is op die draaiboekskrywer, John W. Fredericks, se ware lewensverhaal gebaseer.

Abraham (A.B.) word groot saam met sy vriende, Gimba, Gif en Shorty. Die lewe op die Vlaktes is rof en soos baie kleurlingkinders hier word dié vier te vinnig groot. Om hulleself te beskerm, stig hulle ’n bende bekend as The Young Ones. Hulle word van jongs af by die verkeerde dinge van die grootmanne betrokke en word aangesê om hulle vuilwerk te doen.

Later, ook opgegroeide manne, besluit die viertal om teen hulle beterwete ’n winkel te beroof. Vir hierdie misdaad kry A.B. en Gimba twee jaar tronkstraf. Deur stories te vertel en briewe te skryf oorleef A.B. sy tyd in die tronk. Maar by die huis beleef sy familie egter hulle eie swaarkry.

My twee sent

Dis ’n verskriklike fliek. Mense vat wat hulle wil hê en doen wat hulle wil aan wie hulle wil wanneer hulle wil. Mens sidder om te dink dat hierdie dinge werklik gebeur het. Die laaste toneel alleenlik… het my stom gelaat.

Die karakters is geloofbaar danksy die uitstekende toneelspel van baie, maar veral D.J. Mouton (as die ouer A.B.), Austin Rose (as die jonger A.B.) en natuurlik David Manual, ’n eks-tronkvoël wat die rol van Gums uitstekend vertolk.

Oor die Oscars

So, dalk wen Noem My Skollie volgende jaar die Oscar vir Best Foreign Language Film. Indien nie, is dit in elk geval ’n storie wat insig sal bied en die hele land (hopelik selfs wyer as dit) sal laat nadink. In my opinie is dit onmoontlik om Noem My Skollie te kyk en daardeur ongeaffekteer te bly.

Kliek hier om die lokprent te kyk: https://www.youtube.com/watch?v=fTr3ZNLJt-U

Krediet vir video: David Max Brown op YouTube

Kliek hier as jy verkies om in Engels te lees: Abigail Green | WordPress.com – Noem My Skollie (Call Me Thief)

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s